Local newsNews

Bronkieland se konsert neem die gehoor op reis

Die tema vir Bronkieland Kleuterskool se jaareindkonsert was “Om die wêreld saam met Bronkieland”.

Die tema vir Bronkieland Kleuterskool se jaareindkonsert was “Om die wêreld saam met Bronkieland”.

Die skool op Bronkhorstspruit se gr.0- tot gr. R-klasse het verskeie lande “besoek” soos Frankryk, Switserland, Amerika en China, en die Amerikaanse staat, Hawaii.

“Die konsert het vanjaar weer eens meer as 600 besoekers gelok met drie vertonings wat Vrydagaand, 25 November, en Saterdagoggend en -aand, 26 November, plaasgevind het,” het die hoof en eienaar van Bronkieland, Antoinette Pretorius, gesê.

“Ons bedank die N.G. Kerk Moedergemeente wat elke jaar die saal beskikbaar stel, asook vir De Oude Werf wat die verhoog versier het.

“Dankie ook aan elke ouer wat Bronkieland lojaal ondersteun en elke persoon sonder wie se hulp ons nie die vertoning kan moontlik maak nie. Ons waardeer dit opreg,” het Pretorius gesê.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button