Local newsLocal sportNews

Gholfspelers ding mee op Standerton

Standerton Gholfklub bied verskeie kompetisies aan.

Gholfspelers op Standerton het die afgelope paar weke kragte gemeet en Nico Lombard was die wenner van die Sundower-kompetisie wat in IPS-formaat op Vyrdag, 25 November by Standerton Buiteklub plaasgevind het.

Hy het 48 punte behaal en Francois Cronjé het tweede geëindig met 49 punte.

Gholfspelers het op Woensdag, 30 November weer eens hul staal gewys tydens ’n kompetisie en dié keer was dit Neville Ritchie wat weggestap het met die eerste plek.

Hy het 38 punte behaal terwyl Nick Momberg tweede geëindig het met 43 punte, Donnie Taljaard derde en Freddie Welmans vierde.

Die Standerton Buiteklub het op Saterdag, 3 Desember hul maandelikse beker-kompetisie aangebied, maar die uitslae was nog nie teen druktyd beskikbaar nie.

Die bestuur nooi spelers om Saterdag, 11 Desember aan die jaarlikse Greenkeeper’s Revenge deel te neem.

Dié dag beloof om groot pret vir die hele gesin te wees.


LEES OOK: Bronkhorstspruit Rolbalklub se besigheidsliga sluit af


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button