Local newsNewsSchoolsStreeknuus

TLC Kidz hou eerste konsert

“Ons het elke jaar vir die afgelope 15 jaar reeds ’n prysuitdeling, maar vanjaar was ons heel eerste konsert. Dit was verseker nie ons laaste nie.”

Die nasorgsentrum by Laerskool Delmas het op Woensdag 9 November hul eerste konsert gehou.

TLZ Kidz se konsert het in die skoolsaal van Laerskool Delmas plaasgevind. Ouers, grootouers, leerders en onderwysers het opgewonde gewag vir die groot oomblik.

Na afloop van die prysuitdeling, was dit tyd vir die nasorgsentrum se eerste, ‘gee-jou-hart-konsert’ om te begin.

Vrolike musiek, verskaf deur Pieter Smit, het die saal gevul en die atmosfeer was aansteeklik.

“Ons het elke jaar vir die afgelope 15 jaar reeds ’n prysuitdeling, maar vanjaar was ons eerste konsert. Dit was verseker nie ons laaste nie,” het Riekie Schutte, eienaar van TLC Kidz laat hoor.

“Vir ons as nasorgsentrum is sertifikate en ’n konsert nie noodwendig op die spyskaart nie, maar ons gee nie om om daardie spreekwoordelike ekstra myl te stap om ons kinders se harte te verbly nie. Ek is absoluut verslaaf aan die vreugde op die kinders se gesiggies,” het Schutte bygevoeg.

“Daar is te veel kinders daarbuite wat nooit die geleentheid kry om ’n sertifikaat op ’n verhoog te ontvang nie, wat nog te sê om aan ’n konsert deel te neem.

“Die TLC Kidz-span leef en droom groot saam met my, sonder hulle sou ek nooit kon bereik wat ons reeds bereik het nie,” het Schutte afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button