Cullinan Rugbyklub wil dorp mooi maak
Hulle beplan om op 10 Desember die dorp skoon te maak.
Die Adopt-a-Spot Tshwane-program is ’n initiafief om die publiek by hul omgewing betrokke te kry en om ontwettige storting hok te slaan.
Dit moedig inwoners aan om te help met grassny, uitheemse plantegroei te verwyder en die algehele bestuur en onderhouding van oop publieke spasies.
Toe André Oberholzer en die Cullinan Rugbyklub van dié inisiatief gehoor het, het hulle dadelik besluit om in te spring.
Die eerste Adopt-a-Spot wat hulle ‘aangeneem’ het, is op die hoek van Railway en Zonderwaterweg omdat dit die pad is wat meeste besoekers gebruik as ingang tot die dorp.
“Ons het begin deur ontslae te raak van alle rommel, onkruid en indringer-plante,” het Oberholzer vertel.
Die instandhouding en ook veranderings wat ons beplan om aan te bring, sal gereeld gebeur,” het hy gesê.
Oberholzer hoop die rugbyklub inspireer Cullinan se inwoners om ook betrokke te raak by hierdie plan om die dorp pragtig te maak en te hou.
Die klub beplan om op Saterdag 10 Desember rommel in die strate op te tel. Hulle spring om 11:00 by die klubhuis weg en nooi alle inwoners om by hulle aan te sluit.
“Cullinan Rugbyklub wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons lojale ondersteuners te bedank vir hul getroue belangstelling, asook vir DA Raadslid JB Bekker vir sy ondersteuing en belanstelling in die dorp,” het Oberholzer gesê.
ALSO READ: Organisation in Standerton needs community’s support
ALSO READ: Caxton bids farewell to long-time editor Wilma van Vuuren






