Local newsNews
Palmoord Ouetehuis op Bethal vier 30ste bestaansjaar
Inwoners kan volgende jaar uitsien na gereelde markdae by Palmoord.
BETHAL – Residentia Palmoord Ouetehuis het op Vrydag, 25 November hul 30ste bestaansjaar met ’n fees by die ouetehuis gevier.
Daar was verskeie stalletjies, ’n springkasteel om die kinders te vermaak asook lekker eetgoed te koop.
Marthie van der Walt, algemene bestuurder van Palmoord, het almal wat die feesvieringe ondersteun en gehelp het, bedank.
Sy het gesê hulle beplan om van volgende jaar af, gereeld ’n geleentheid by Palmoord te skep waar uitstallers hul ware kan uitstal en waar die gemeenskap dan ’n dag saam met die inwoners kan geniet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




