Local newsNews

Inwoners by ouetehuis op Standerton se versorging geniet voorrang

Na ’n direksieversoek, is ’n kontrakteur aangewys om ’n ondersoek te doen oor hoe om elektrisiteit deurlopend te voorsien.

Die ouetehuis op Standerton is vir uitdagings gerat.

Volgens die bestuurder, Sanpat Coetzee, is inwoners beter af as baie ander omdat hulle ’n boorgat, watertenks en kragopwekker het om aan die behoeftes van die mense te voorsien.

Die kragopwekker bedien die hele sorgsentrum, hoofgebou en sekere wooneenhede.

Coetzee het gesê dat hulle toegang tot diesel het. Die kombuis is voorts met gasstowe ingerig.

Sy het die oord as toeganklik beskryf en ’n uitnodiging gerig aan diegene wat van suurstofmasjiene afhanklik is, om dit by hulle te laat opkoppel sou daar nood wees.

Maaltye kan ook bestel word en aflewering kan gereël word.

“Ons word ’n bate vir die dorp,” aldus die bestuurder.

Na ’n direksieversoek, is ’n kontrakteur aangewys om ’n ondersoek te doen hoe om elektrisiteit deurlopend te voorsien. ’n Voorstel is gemaak om die ouetehuis in sektore op te deel om die beste elektrisiteitsvoorsiening teen die beste koste vir die toekoms te bepaal.

“n Behoeftebepaling sal aandui wat nodig op bepaalde tye is.”

Die seisoene sal in ag geneem word en wat die sorgsentrum betref, sal die temperatuur konstant bly. Coetzee het wanpersepsies oor ouetehuise nek-om gedraai en selfs terminologie wat gebruik word om na seniorburgers te verwys, bevraagteken.

“Die ouetehuis is ’n plek van veiligheid waar versorging voorrang geniet. Daar is geleenthede vir inwoners en vereensaming wat baie onder ouer mense voorkom, word deur sosialisering verhoed,” het Coetzee mee afgesluit.

Skakel 017 2278/9 indien daar ’n behoefte is om van die dienste van die ouetehuis gebruik te maak.


LEES OOK: Steyn en Jano is Sasol Rugbyklub op Secunda se Spelers van die Jaar


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button