Local newsNewsStreeknuus

AfriForum loods hoë-sigbaarheidspatrollies op Mpumalanga se paaie

Die twee Buurtwag-takke het op strategiese plekke aan die N12 bymekaar gekom en ook was die hoofweg tussen die R50-Bapsfontein afrit en Petroport gepatrolleer.

Met die skole gesluit vir die lang Desembervakansie, is baie van Suid-Afrika se inwoners op pad na hul vakansiebestemmings. Daarmee saam kom ongelukkig ook ’n toename in kapings en ongelukke op die land se paaie.

AfriForum het dus ’n hoë sigbaarheidspatrollie vir die Noordstreek op Vrydag, 9 Desember gereël waaraan menige AfriForum-takke in samewerking met ander veiligheidsinstansies en die polisie deelgeneem het.

Die AfriForum Buurtwagte van Delmas en Eloff het hierby aangesluit en hul taak was om hoë sigbaarheid op die berugte N12-hoofweg in die omgewing te handhaaf.

By die AfriForum Delmas Valke Buurtwag, het kaptein Carla Hartley en kaptein Salomé van der Westhuysen van die plaaslike polisie, asook Titen Sekuriteit by die patrollie aangesluit.

Die twee Buurtwag-takke het op strategiese plekke aan die N12 bymekaargekom en die hoofweg tussen die R50-Bapsfontein afrit en Petroport, is gepatrolleer.

Tydens die bemanning van ’n sigbaarheidspos op die R50-pad het ’n lid van Bad Boyz Sekuriteit by die groep gestop.

Daar was ’n kaping in Botleng aangemeld. Slagofferbystand was op die toneel gelewer waarna die verskillende instansies na die Mimosa informele nedersetting op Eloff beweeg het.

“Die sigbaarheidspatrollie het net weer eens bewys wat met die goeie samewerking van verskeie veiligheidsinstansies bereik kan word. Ek bedank elkeen wat hulp aangebied het tydens die patrollie en gepaardgaande kapingsvoorval,” het Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas Valke Buurtwag, gesê.

“Saam maak ons ’n verskil.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button