Local newsNews

Rayton-kunstenaar wys hoe om ’n organiese Kersboom te maak

Wat is die boodskap van Kersfees, so vra Christelle Swart, die bekende kunstenaar in Rayton.

Wat is die boodskap van Kersfees, so vra Christelle Swart, ’n bekende kunstenaar in Rayton.

“Dit is nie net ’n tyd waar ons die geboorte van Jesus vier nie, dit is ook ’n tyd waar familie bymekaar kom en gehalte-tyd saam bestee, ” het sy gesê.

So watter beter idee is daar nie om as ’n gesin uit te kom in die natuur en dinge te versamel om hul eie organiese Kersboom mee kan bou nie.

Christelle meen ook dat jy nooit te veel Kersversierings op ’n Kersboom kan hê nie.

Wat het jy nodig vir die oefening?
“Wel,” sê Christelle, “jy begin by jou basiese struktuur wat al jou versierings kan hou en dan ’n soliede basis, soos ’n ou krat, waarin jou struktuur pas.”

Dit moet stabiel wees en kind-vriendlik sodat dit nie kan omval nie.

Christelle gebruik sommer lusernbale, want sy is ook ’n boer, maar jy kan enige iets swaar in die krat sit om dit te anker.

Die volgende stap is om al jou versierings en tou of leer bymekaar te kry waaraan jou versierings gaan hang.

“Gaan grou in jou stoorkamer of werkswinkel, al daai ou bokse wat nooit uitgepak word nie, en haal daar goed uit soos klein fotoraampies, ornamente, enige iets, en dan plaas jy die orals oor jou boom aan die tou wat jy gespan het.

Dan kort jy jou natuurlike materiale wat van bo na onder gaan. Christelle het in dié geval sommer dennebolle gebruik.

“Volgende kort jy daai bling want elke Kersboom kort ’n bling,” giggel Christelle.

CDs of metaalskywe, messe, vurke, enige iets van metaal is ideaal vir dit. Christelle stel voor dat jy ook oplet na jou kleurpallet om seker te maak dit is deurlopend dieselfde.

Sy het ’n rooi T-hemp gebruik vir bo om die kleur te herhaal asook luserntakkies in die basis gedruk vir dieselfde rede.

Verder sê Christelle, is daar geen reëls as dit kom by jou eie Kersboom maak nie.

“Gaan bos!”

Christelle se boodskap vir Kersfees is familie-eenheid, liefde, vreugde and geluk.

Dit is oor om nuwe, gesonder gewoontes te kweek en om saam met jou familie iets te doen wat ‘n leeftyd se herinneringe sal wees.


Stap 1: Kry jou struktuur reg.
Stap 2: Maak ‘n soliede basis.
Stap 3: Versierings vir jou Kersboom.
Christelle Swart het dennebolle gebruik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button