NewsStreeknuus

Kersmark op Droogefontein bring genot

Daar was stalletjies te kies en te keur wat ’n groot verskeidenheid handgemaakte items, net betyds vir Kersaankope, gebied het.

Die Wonderville Mark en Piekniekpark op Droogefontein, Eloff, het Kersinkopies en ’n dag se pret en plesier vir oud en jonk saamgevoeg.

Op Sondag, 11 Desember het die gemeenskap op die groen grasperke bymekaar gekom. Daar was stalletjies te kies en te keur wat ’n groot verskeidenheid handgemaakte items, net betyds vir Kersaankope, gebied het.

Daar was ook verskeie kosstalletjies wat die honger magies stilgemaak het. Ook die plaaslike Eloff Buurtwag het ’n stalletjie gehad wat worsbroodjies en koue koeldrank te koop aangebied het.

Vir die jongklomp was daar vermaak in die vorm van ’n kulkunstenaar en buikspreker en het Dolfie die markgangers laat skater.

Thys die Bosveldklong, het nadat hy onlangs na die verhoog teruggekeer het, ook op Droogefontein gekuier en die markgangers met musiek en sang vermaak.

Markgangers was dit eens dat Droogefontein op Eloff se eie Kersmark ’n dag was om te onthou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button