Standerton se gholfspan klop Ermelo in ligawedstryde
Tydens die wedywering op Woensdag 1 Februarie, het Henk Botha en Stephen Nortjé onderskeidelik in die medal-kompetisie geseëvier.
Standerton het met Ermelo op Saterdag 4 Februarie afgereken in die ligawedstryde by die Standerton Buiteklub.
Die Spring Chickens het hulle 7 teen 1 geklop en die Ou Toppies 4 teen 2.
Tydens die wedywering op Woensdag 1 Februarie, het Henk Botha en Stephen Nortjé onderskeidelik in die medal-kompetisie geseëvier.
Botha het ’n netto van 39 oor nege putjies behaal en Nortjé 69 oor 18 putjies.
Ben Steyn het ’n netto van 46 aangeteken oor nege putjies.
Ronald Kinnear en Kobie Coetzee het albei oor 18 putjies ’n netto van 71 behaal, gevolg deur Joré Nortjé en Gerhard Brits wat albei 72 op die telkaart ingevul het.
Casper Roux, Johan Griesel, Patrizia Lombard, Hennie Swanepoel en Werner Mouton het met 74 geëindig.
LEES OOK: SA Guide-Dogs Association for the Blind celebrates 70 years





