Local newsNews

Veelsydige predikant by Wes-gemeente op Standerton vertel hoe alles gebeur het

Met verwysing na die impak van die pandemie, het hy onomwonde verklaar dat dit deel van die kerk se roeping is om nie naïef oor omstandighede te wees nie.

Ds. Tiaan Victor kan na die aankoms van sy vrou en gesin uit Heilbron nou behoorlik nesskop.

Nadat hy begin Augustus verlede jaar na Standerton verhuis het, het sy vrou het as hoërskoolonderwyser in natuur- en lewenswetenskap eers haar leerders se akademiese jaar voltooi.

Hul vertrou tans vir ’n pos vir haar op Standerton.

“Ek is uiters opgewonde oor hierdie nuwe uitdaging om ’n gemeente te begelei tot ’n groter besef van die Here se doel met Sy kerk.

“Ek het ’n sterk roeping beleef, synde ek nie eens aansoek gedoen het tot die pos nie. Standerton-Wes is ’n passievolle en betrokke gemeente.

“Ons jaartema vir 2023 is ‘Nuutgemaak om Nuut te Leef’ en dit is my voorneme om mense opnuut bewus te maak van die wonderlike plan wat God met hul lewens het deur die genade en liefde van Jesus.”

Daar was ’n beroepingsproses waartydens sy naam gedien het as ’n moontlike kandidaat.

Standerton-Wes wou kom kuier en ’n diens op Heilbron bywoon.

Tydens die diens, het 10 afgevaardigdes uit Standerton plek ingeneem en later in die pastorie gekuier.

“Die aap was uit die mou en ek moes oop kaarte met die leierdiaken speel en sê dat die mense van Standerton is.”

Daarna het nog twee tot drie weke verbygegaan tot die oproep van ds. Henk Boshoff om hom geluk te wens dat hy beroep is.

“Ek het skoon hoendervleis gekry en reeds gebid om die Here se wil.”

Die Victors het daarna besluit om te kom kyk hoe Standerton lyk en het vanaf Vrede se rigting die dorp binnegekom.

“Dit was diep winter en alles was vaal, maar ek het ’n oortuigende gevoel gekry toe ek van die lidmate ontmoet het.

“Ds. Henk het sy tyd as ’n wonderlike bediening beskryf.”

Ds. Tiaan se eerste gemeente was die Bronkhorstspruit se Moedergemeente waar hy sewe jaar die Woord bedien het en daarna ook sewe jaar by Heilbron-Suid.

Nie dat hy ooit ’n aansoek vir die pos op Standerton aangestuur het nie, hoewel ’n cv dalk kan melding maak van ’n paar maande se studie in meganiese ingenieurwese by die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit, voordat hy na Londen vertrek het.


LEES OOK: Court sends murderer from eMbalenhle to prison for life


Hy was werksaam by ’n sekuriteitsmaatskappy en in die Britse hoofstad het hy begin geld spaar om teologie te studeer, alvorens ingeskryf is by die Universiteit van Bloemfontein.

“Ek was nog altyd baie lief vir die Here en het ’n voltydse bediening oorweeg, hoewel die lewe my op ’n paar ander draaie geneem het.”

Hy het Jean tydens ’n studente-uitreik tot Hindoes en Moslems na Durban ontmoet. Die egpaar moes uiteraard na die kinders Christiaan (4), Moolman (10) en Jeanette (12) se belange kyk.

Ds. Tiaan se intreepreek was op 7 Augustus. Hy het ruiterlik erken dat ’n ander passie die koop en verkoop van unieke tweedehandse motors is.

Sy eerste karretjie was ’n rooi Cortina XR6 wat opgevolg is met ander modelle.

“’n Mens gaan maar deur fases.”

Hy het ook destyds oorweeg om grafiese ontwerp te gaan studeer en sy kreatiwiteit vind nou uiting in olieverfskilderye en sketse.

“Ek is kunssinnig en het ’n beroep in stilistiese motorontwerp oorweeg, maar het van kindsbeen af skets en skilder beoefen.

“Verder skakel ek lekker af as ek saam met my gesin tyd in die buitelug spandeer, my kitaar tokkel, ’n goeie fliek kyk of filosofie lees.”

Met verwysing na die impak van die pandemie, het hy onomwonde verklaar dat dit deel van die kerk se roeping is om sensitief te wees vir die uitdagings van ons tyd.


LEES OOK: Zonderwater Correctional Services plough back into the community


“Baie mense het hul geliefdes aan die dood afgestaan en hul bron van inkomste verloor.

“Covid-19 het mense laat besef wat ’n voorreg dit is om steeds n beroep te kan beoefen en die voorregte kan hê om gesamentlike byeenkomste by te woon.”

Ds. Tiaan is in sy eie woorde ’n evangelies/Bybelsbehoudende predikant en hoewel hy poog vir vernuwing in die kerk, het hy ’n waardering het vir mooi tradisies.

Hy sal soms tydens spesiale geleenthede sy toga dra. Moontlik sal inwoners hom iewers aan die hengel op ’n goeie dag sien, want dié gogga het hom onlangs gebyt.

Nou maak hy vissers van mense.


Jeanette, Jean, Christiaan, Ds Tiaan en Moolman Victor.

Jean en Tiaan Victor.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button