Standerton se gholfspelers ding in verskeie formate mee
Ligawedstryde op Morgenzon gaan ook aan. Albei gholfspanne het Saterdag 4 Februarie ’n tuiswedstryd gehad. Die Ou Toppies het Graceland 4-2 geklop en die Spring Chickens Volksrust 7-1.
Jannie Nichols was op Saterdag 11 Februarie onoorwonne in die Singles Knockout teen Stephen Nortjé. Dié twee spelers het op die oefensetperk voor 11:00 geoefen.
Die maandelike beker het ook plaasgevind waarvan die uitslae so gou moontlik gepubliseer sal word.
Ricus van den Hoven het op Woensdag 8 Februarie eerste in die nege-putjie kragmeting met 18 punte geëindig.
Van den Hoven het ook ’n spog-twee behaal.
Die spelers by die Standerton Buiteklub het in IPS-formaat meegeding. Aldo Arnaldi se 18 het dit geëwenaar, gevolg deur Deon Grimsell en Neville Ritchie wat albei 17 aangeteken het.
Donnie Taljaard het 16 op die telkaart ingevul, gevolg deur Gerrit Nel se 13 en Freddie Welmans se 12. Herman Mynhardt het op 10 te staan gekom en Nick Momberg op 9.
LEES OOK: Ruiter van Laerskool Witpoort presteer
Gerrit Coetzee was die wenner oor 18 putjies met ’n telling van 39. Casper Roux en Joré Nortjé het albei 37 aangeteken, terwyl sowel Kobie Coetzee as Jacques Erasmus 36 behaal het.
Janneman Kotze en Johan Griesel het albei met 35 geëindig. Daarna het Theuns Adendorff, Attie Mouton en Gert du Preez elk 33 op die telkaart ingevul.
Coetzee, Roux, Du Preez, Riaan Starbuck en Stephen Nortjé het elk ’n spog-twee behaal.
Johan Griesel en Phillip du Preez het op 4 Februarie koning gekraai in ’n Betterball Stableford-kragmeting en met 49 geëindig.
Stephen Nortjé en Wikus Fourie het 45 op die telkaart ingevul, gevolg deur Gert du Preez en Patrizia Lombard se 43.
LEES OOK: Reën op Evander knip Rondekerk se gholfdag kort
Rowan Brink en Louis Bibbey het op 42 te staan gekom, wat geëwenaar is deur Gary Daniels en Charl van Heerden, sowel as Gerrit Coetzee en Herman Mynhardt.
Sowel Willie Griesel en Clifford van Vuren as Ronald Kinnear en Werner Mouton het 41 aangeteken. Joré Nortjé en Francois Cronjé het met 39 geëindig, wat ook deur Deon Grimsell en Aldo Arnaldi behaal is.
Herman Mynhardt, Arnaldi en Nico Lombard het elk vir ’n spog-twee gesorg.
Stephen Nortjé het die voortou by die Sundowner op 3 Februarie geneem in die medal-kompetisie met ’n netto van 34, terwyl Willie Griesel 35 aangeteken het.
Anina van Rheede van Oudtshoorn het met 36 geëindig, gevolg deur Gerhard van Rheede van Oudtshoorn en Mark Vienings wat 37 behaal het.
Sowel Johan Griesel as Herman Mynhardt het op 38 te staan gekom, terwyl Adri Mynhardt 42 op die telkaart ingevul het.
Ligawedstryde op Morgenzon gaan ook aan. Albei gholfspanne het Saterdag 4 Februarie ’n tuiswedstryd gehad.
Die Ou Toppies het Graceland 4-2 geklop en die Spring Chickens Volksrust 7-1.










