Huurders laat eiendom op Standerton in haglike toestand agter
Die eienaar wat tans op Jeffreysbaai woon, het ten slotte ’n beroep op agente gedoen om eers hul huiswerk te doen alvorens huurders in ’n huis intrek.
Eienaars wat hul eiendom verhuur, trek soms aan die kortste end.
’n Voormalige inwoner van Standerton het die afgelope week die koerant genader om die problematiek met huurders, wat oornag verdwyn, op die spits te dryf.
Volgens haar, is dit nie die eerste keer dat hulle dit doen nie.
’n Bedrag van R65 000 is verskuldig aan die eienaars en die saak is reeds by ’n prokureursfirma op die dorp aangegee.
By navraag is aangedui dat slotte op die hekke aangesit is en dat die swembadkleur tans groen is.
Die Standerton Advertiser het later foto’s van die huis bekom nadat die sleutels van die huis aan ’n eiendomsagent op die dorp oorhandig is.
LEES OOK: UPDATE: Police find second body in man’s room in eMbalenhle
Die agent het aangedui dat water aanhoudend uit die kraan buite drup, een van die kamers se deur kan glad nie oopmaak nie en ’n plas water is deur die venster op die mat gesien.
Volgens die agent, is die matte gewas, maar die huis ruik onwelriekend en die swembad kort aandag.
Die eienaar wat tans op Jeffreysbaai woon, het ten slotte ’n beroep op agente gedoen om eers hul huiswerk te doen alvorens huurders in ’n huis intrek.
’n Google-soektog het na ’n webtuiste van Bay Property Management in Virginia in die VSA gelei waar die volgende wenke (vrylik vertaal) vervat is om eienaars te beskerm:
• Doen deeglike keuring van voornemende huurders, insluitend of daar ’n geskiedenis van verdwyning is, of ’n kriminele rekord van toepassing is en of die huurder se ratio van skuld tot inkomste billik is.
• Stel ’n sorgvuldige huurkontrak op.
• Neem foto’s van die eiendom alvorens die huurder intrek.
• Roetine-inspeksies word aanbeveel.





