Ysterperde bring omgee in die vorm van kolwyntjies aan senior burgers
Opgewonde inwoners het die ysterperde ingewag en ook hier was die liefde gevier in die vorm van kleurvolle kolwyntjies, drukkies en omgee.
Die Wild Bunch se Jagged Skulls het liefde in oorvloed gebring op die vooraand van Valentynsdag.
Kolwyntjies was op 11 Februarie aan die inwoners van drie van Delmas se aftreeoorde uitgedeel.
Die groep motorfietsryers het om 09:00 vanaf hul klubhuis op Delmas vertrek en die eerste stop was by Ons Eie Ouetehuis.
Personeel het die kolwyntjies namens die inwoners ontvang en die vertrek van die brulmasjiene het tot baie opgewondenheid gelei.
LEES OOK:
Company invests in learners with special needs and opens special coffee shop in Secunda
Die tweede punt waar liefde in die vorm van kolwyntjies uitgedeel is, was Herfsland Aftreeoord. Opgewonde inwoners het die ysterperde ingewag en ook hier was die liefde gevier in die vorm van kleurvolle kolwyntjies, drukkies en omgee.
Malita Aftreeoord was volgende aan die beurt en ook hier het die senior burgers die aankoms en vertrek van die Wild Bunch se Jagged Skulls baie geniet. Inwoners het in Malita se saal byeengekom en kolwyntjies was aan elke inwoner uitgedeel.
Die president van die Wild Bunch Jagged Skulls, Micro Venter het sy lede bedank vir hul positiewe bydrae om dié dag van liefde en omgee vir die senior burgers van Delmas moontlik te maak.







