Local newsNewsStreeknuus

Geleentheid op Cullinan in geld om dogters op skool te hou

Elzabé Zietsman bekoor die gehoor.

Die vroue van GHG Premiermyn Hervormde Kerk op Cullinan het op 11 Maart ’n viering van die lewe aangebied wat tegerlykertyd ook as fondsinsameling vir liefdadigheid gedien het. Die projek, Hou ‘n dogter op skool, het tydens die geleentheid sowat R7 000 ingesamel.

“Almal is uit ge-Covid en ons het die Joie de Vivre (vreugde van die lewe) van ’n 100 jaar gelede laat herleef in ‘n stylvolle, vreugdevolle geleentheid.

“Elzabé Zietsman, die gaskunstenaar, het die gehoor gedra met haar aangrypende vertellings en lieflike diep kabaretstem,” het Yvette Otto, voorsitter van Dorkas Premiermyn, gesê.

Bywoners, opgetooi in krale, vere en alles 1920’s, was bederf met stalletjies vol gebak, gin en tonic, lekkerruik items en meer. Daar was ook ’n veiling van antieke ware.

“Dit was ‘n suksesvolle geleentheid en ons is dankbaar vir elkeen wat deel van die dag was,” het Otto opgesom.


LEES OOK: Wisdom of Solomon needed to unravel eMbalenhle baby saga

LEES OOK: eMbalenhle community believes rape trail is motive behind woman’s murder




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button