Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub vermaak kaalvoetrugby-seuns

“Dit was vir ons ’n groot voorreg om Laerskool Randfontein se kaalvoetrugbyspelers aan rolbal bekend te stel.”

Dit is die tyd van kaalvoetrugby op Delmas, maar hoe gemaak met ’n klomp energieke jong seuns tussen wedstryde was ’n uitdaging.

Die Delmas Rolbalklub het tot die redding gekom deur vir Randfontein Laerskool se leerders, onderwysers en selfs sommige van die ouers kans te gee om hul slag op die rolbalbaan te wys.

Die groep jong rugbyspelers het die rolbalbaan op 27 Maart besoek en onder die ondersteunende leiding van Delmas Rolbalklub se bekwame spelers sommer gou die tegniek wysgeraak.

“Ons wil net die seuns van Laerskool Randfontein baie dankie sê dat hulle van ons geriewe gebruik gemaak het.


Laerskool Randfontein leerder wys dat hy die tegniek van rolbal bemeester het.

“Die seuns is ’n pragtige, energieke en goed-gedissiplineerde groep. Dit was vir ons ’n groot voorreg om Laerskool Randfontein se kaalvoetrugbyspelers aan rolbal bekend te stel en op ons baan te akkommodeer,” het Hennie Terblanche, president van die Delmas Rolbalklub, gesê.

“Die positiewe energie en atmosfeer was aansteeklik en Delmas se rolbalklub het baie lanklaas soveel spelers en balle op een slag op die baan bymekaar gesien.”

Die klub bedank Perfect Water op Delmas vir die water wat hulle vir die middag se aktiwiteite voorsien het.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button