Laerskool Delmas se kaalvoetrugby van 2023 kom tot ’n einde
Verskeie skole het in die drie verskillende kategorieë meegeding en almal was dit eens; kaalvoetrugby op die velde van Laerskool Delmas bly ’n wenner.
Nog ’n suksesvolle kaalvoetrugby week was deur Laerskool Delmas aangebied.
Verskeie skole het in die drie verskillende kategorieë meegeding en almal was dit eens; kaalvoetrugby op die velde van Laerskool Delmas bly ’n wenner.
Die eerste week, die junior week, het vanaf 24 Maart tot 25 Maart plaasgevind waartydens die o9 en o10-spanne van 15 skole mekaar die stryd aangesê het.
Spel tussen die ander ouderdomsgroepe het op 3 April hervat en 1 April tot ’n einde gekom.

Delmas se spannetjies vaar self baie goed en na afloop van die kaalvoetrugby lyk die uitslae as volg:
Die eerste span het aan vyf wedstryde deelgeneem waarvan twee gelykop was en het drie van hul wedstryde gewen is.
Delmas se tweede span het ook aan vyf wedstryde deelgeneem, waarvan hulle drie gewen en twee verloor het.
Die o11s het drie wedstryde gespeel, twee gewen en verloor een. Die o10s het ook aan drie wedstryde deelgeneem waarvan een verloor en twee gewen het.

Die o9 spannetjie het drie wedstryde gespel waarvan hulle een gewen en twee verloor het. Die waarnemende skoolhoof van Laerskool Delmas, Marelize Muller, het elkeen wat by die kaalvoetrugby betrokke was, opreg bedank.
“Laerskool Delmas bedank ook alle borge en bydraes wat die week weer eens ’n groot sukses gemaak het. Baie dankie ook aan Hoërskool Delmas vir die gebruik van hul koshuis om die spelers te huisves.
“Ek stem saam met Sue Wicks, ‘Sportmangees is om te weet dat dit ’n spel is, dat ons net so goed soos ons teenstanders is en of ons wen of verloor, gee altyd 100%’.
“Dit is ons reaksie op wen of verloor wat ons ’n wenner of ’n verloorder maak, want sport bou nie karakter nie, dit openbaar karakter,” het Muller afgesluit.









