Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Tapkar se gongskietkompetisie lok vele na Delmas

Die spanne het bestaan uit vier deelnemers elk. Daar was agt bane met vier gonge elk, waarvan die maksimum afstande ongeveer 350 meter was.

Die NG moedergemeente op Delmas het ’n 4-man gongskietkompetisie by Tapkar net buite Delmas aangebied.

Die kompetisie wat 57 spanne vanoor die land gelok het, het op 15 April plaasgevind.

Die spanne het bestaan uit vier deelnemers elk. Daar was agt bane met vier gonge elk, waarvan die maksimum afstande ongeveer 350m was. Toepaslik vir die plaasatmosfeer was gonge op bale geplaas.

’n Bonus was die ‘powergong’ wat oor ’n afstand van 500m oor die dam gestrek het. Hierdie item het presisie skiet van die deelnemers vereis.

Terwyl pa of ma geskiet het, was die jongklomp veilig gehou deur Laerskool Eloff by wyse van ’n springkasteel, ’n klim-en-klouter, inkleurhoekie, hoepels by ook by Die Tapkar vermaak.

Bennie Labuschagne het namens die NG Moedergemeente die borge, naamlik Tuffy Implements, Delmas Crane Hire, Delmas Nissan, Gun Warrior, Afgri Delmas, Agro Centre, Delkor Makelaars, Inyathi Sporting Supplies, VKB, Die Tapkar, JD Steel Projects, Guns & Ammo Trading, Bosrus, SSG Geweersakke, Rhino Lodge, Manie Roux Makelaars en Perfect Water bedank vir hul bydraes om van die kompetisie so ’n sukses te maak.

“’n Spesiale dank aan Die Tapkar vir die beskikbaarstelling van hulle perseel sowel as Guns & Ammo vir die reëlings rondom die dag,” het Labuschagne gesê.

Labuschagne het ook die baanbeamptes en tydhouers bedank vir hul harde werk en die lang dag wat hulle onder die warm son deurgebring het.

Die wenners in die verskillende kategorieë was: Algegeel eerste: Blazing Barrels, tweede die Bleshoenders en ’n Makpu en die Daltons het in die derde plek geëindig.

Die vroue het nie teruggestaan nie en die vrouespan wat met die eerste plek weggestap het, was Overwitch.

Daar was selfs ’n groot motiveringsprys vir die span wat laaste gekom het en die prys het na die span van NTT Toyota op Delmas gegaan.

Na afloop van die kompetisie en prysuitdeling was daar ’n lewendige optrede deur die duo van Riverfields en die braaivleis vure het hoog gebrand om die dag op vrolike noot af te sluit.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button