Local newsLocal sportNews

Secunda stoeier wen goue medalje by SAs

Tiaan Carelse stoei al vir sewe jaar.

Tiaan Carelse (16), lid van Sasol Secunda Stoeiklub, het einde Maart in die junior afdeling by die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap in Newcastle deelgeneem en gewen.

Hy het in die vrystyl presidente junior-afdeling teen Theo Baloyi meegeding.

Carelse is al vir sewe jaar lid by Sasol Stoeiklub en het in 2021 twee goue medaljes op die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap verower en in 2022 ’n brons medalje.

Hy oefen twee keer in die week by die Sasol Stoeiklub en in sy vrye tyd geniet hy dit om motorfiets te ry of vis te vang.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button