Local newsLocal sportNews

55 hengelaars vang 314 vis by Grootdraaidam

Danie Human was onoorwonne in die meestersafdeling met 14 vis van 8.040kg.

Altesaam 55 hengelaars, waarvan agt besoekers, het op15 April ’n totaal van 314 vis, met ’n gewig van 149.980kg, ingekatrol.

Meyerville Hengelklub het ’n kompetisie by Grootdraaidam gehou. Die vis van die dag het aan die swaarste baber gegaan.

Danie Human was onoorwonne in die meestersafdeling met 14 vis van 8.040kg, Peet Erasmus was tweede met nege vis van 4.540kg en Johan Kruger derde met sewe vis van 3.560kg.

Dougie Douglas het die vis van die dag ingeweeg.

Graeme Douglas het die seniorafdeling gewen met 22 vis van 11.120kg, gevolg deur Jimmy Gleeson met 21 vis van 9.140kg en Jurie Moolman met 15 vis van 6.800kg.


43 hengelaars van Meyerville Hengelklub vang byna 200 vis op Standerton


Moolman het die vis van die dag vasgekap.

Letitia van der Merwe het eerste in die die vroue-afdeling geëindig met 16 vis van 7.780kg, terwyl Ilene Schonken tweede was met 14 vis van 6.140kg en Mari Strijdom derde met agt vis van 3.820g.

Ruan van Zyl het die juniorafdeling gewen met 10 vis van 4.600kg, gevolg deur Ty Mortlock met drie vis van 1.200kg en RJ Zurcher met twee vis van 1.140kg.

Ruan het die vis van die dag gevang.

Elizna Rabie het in die penkopafdeling die eerste plek behaal met ses vis van 2.200kg, gevolg deur Liandri Fourie met twee vis van 1.320kg en Inge van Wyngaard met twee vis van 1.160kg.

Elizna het die vis van die dag aan wal gebring.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button