Local newsNewsStreeknuus

Twee dood en talle beseer na gru-ongeluk op N12

Met 'n toneel reeds besaai met van motorwrakke, oorledenes, beseerdes en baie noodpersoneel, het 'n swaar voertuig boonop glo dwarsdeur die versperrings van stilstaande ongeluksvoertuie, wrakke, noodvoertuie en noodpersoneel op die toneel gebars.

‘n Voertuig wat skielik vanaf die kant van die pad reg voor aankomende verkeer ingery het, het volgens inligting gelei tot ‘n kettingbotsing waarin twee mense dood en talle beseer is.

Dié gru-ongeluk het op ‘n reënerige Saterdag, 29 April omstreeks 18:45 op die N12, digby die Argent-afrit, rigting Johannesburg, plaasgevind.

Altesaam 15 voertuie was in dié kettingbotsing betrokke.

Volgens inligting het die ongeluk gebeur toe ‘n motoris in ‘n wit BMW vanaf die kant van die N12 voor ‘n wit Ford Ranger ingeswaai het en die twee voertuie gebots het.


Die ongelukstoneel op die N12 waarin twee mense dood is.

Die bestuurder van die wit Ford Ranger het, volgens ‘n ooggetuie, uit sy bakkie geklim om die verkeer te help beheer in die hoop om verdere tragedie te vermy.

Die man se goedhartigheid het egter sy lewe gekos.

Hy is deur ‘n aankomende voertuig getref waarna verskeie ander voertuie ook oor sy liggaam gery het. Die man is op die toneel dood verklaar.

In ‘n kettingreaksie het verskeie voertuie hierna in mekaar vasgery. Een van die voertuie het ook gerol. Die bestuurder van ‘n wit Toyota Conquest is ook op die toneel dood verklaar.


Police arrest suspect after shooting incident in Ext 6, Standerton


Met ‘n toneel reeds besaai met motorwrakke, oorledenes, beseerdes en baie noodpersoneel, het ‘n swaar voertuig boonop glo teen ‘n baie hoë spoed die toneel dwarsdeur die versperrings van stilstaande ongeluksvoertuie, wrakke, noodvoertuie en noodpersoneel op die toneel gebars.

Volgens kaptein Salomé van der Westhuysen van die Delmas Polisie was sy ook die betrokke aand op die toneel.

“Ek het die swaarvoertuig teen ‘n baie hoë spoed die toneel sien nader en besef dat noodpersoneel oral besig was om hulp te verleen.

“Daar was reeds 15 stilstaande ongeluksvoertuie, twee oorledenes en talle beseerdes. Ek het baie hard gegil vir almal om uit die pad te kom.”


Een van 15 voertuie in die ongeluk op die N12-hoofweg.

Volgens Van der Westhuysen het die swaarvoertuig hierna deur die hele toneel gejaag.

“As dit nie vir Kaptein van der Westhuysen se oplettendheid en vinnige reaksie was nie, kon hierdie ongeluk in ‘n verdere en baie groter tragedie geëindig het,” het ‘n noodpersoneellid aan Streeknuus meegedeel.

“Ek sidder by die gedagte van wat kon gebeur het as sy ons nie betyds uit die pad van die swaarvoertuig gekry het nie.”

Alle nooddienste was op die toneel en talle beseerdes was per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer.

Volgens betroubare inligting was die wit BMW met die polisie se aankoms reeds van die toneel verwyder. ‘n Saak van strafbare manslag is by die Delmas Polisie oopgemaak.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button