Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub sluit 2023 besigheidsliga af

Daar is 'n moontlikheid dat nog 'n liga later vanjaar sal plaasvind.

Sterk kompetisie en ’n gees van opwinding het vir drie weke by die Delmas Rolbalklub geheers. Dit was te midde die jaarlikse besigheidsliga wat op 26 April tot ’n einde gekom het.

Na afloop van die wedstryde op die rolbalveld het die prysuitdeling gevolg.

Die span wat in die eerste plek geëindig het was Delkor Makelaars met 49 punte, in die tweede plek was dit Sasol met 46 punte en in die derde plek was dit die Starcrow-span met 44 punte.

Die Pionne Studiegroep 1-span het die vierde plek met 43 punte behaal. Die prys vir die span met die meeste gees het ook aan die Pionne Studiegroep 1-span gegaan.


Konsentrasie op die veld by die Delmas Rolbalklub.

’n Besigheidsliga-wisseltrofee, waarop die wenspan se name jaarliks aangebring sal word, het ook met vanjaar se kompetisie in werking getree. Dié wisseltrofee is geborg deur Romans Pizza op Delmas.

Die Delmas Rolbalklub-komitee het hul waardering teenoor elke besigheid wat deel was van die 2023-liga uitgespreek. Met die geld wat ingesamel is, het die klub ’n kragopwekker aangeskaf.

“Aan elke speler wat oor die drie weke deelgeneem het, baie dankie,” het Suzette Botes, komiteelid van die Delmas Rolbalklub, gesê.

“Ek hoop dat elke speler die wedstryde geniet het en so iets van rolbal geleer het. Sonder elkeen van ons borge NTT Toyota, Delkor Makelaars, Sasol, Schoeman Boerdery, Spur, Wimpy, Starcrow, Alfa Drankwinkel, Best Bearings en Romans Pizza, sou die liga ook nie moontlik gewees het nie,” het Botes bygevoeg.


ALSO READ: The great return of Rayton’s Spikkels, and why she is no ordinary dog


Botes het voorts die Delmas Rolbalklub-komitee, klublede en elkeen wat bygedra het tot die sukses van 2023 se besigheidsliga, bedank.

“Sonder ons gemeenskap se mildelike bydraes teenoor die klub, sal ons nie die talle uitdagings te bowe kan kom nie.”

Botes het bevestig dat die klub, na afloop van die besigheidsliga, twee nuwe lede gewerf het.

Met die formaliteite op ’n einde was dit tyd vir lekker eet en gesellig saam kuier. Aan die tafels het ’n voëltjie gefluit oor die moontlikheid vir nog ’n besigheidsliga later in 2023.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button