Local newsLocal sportNews

Gholfspelers sê mekaar gereeld die stryd aan by Standerton Buiteklub

Johan Brink was onoorwonne oor18 putjies met ’n netto van 65, gevolg deur Mark Nortjé se 69 en Gert du Preez se 70.

Neville Ritchie het die medalkompetisie oor nege putjies op Woensdag 3 Mei gewen met ’n netto van 36.

Nick Momberg het 37 aangeteken, gevolg deur Pieter Bester met 41 en Gerrit Nel met 50.Johan Brink was onoorwonne oor18 putjies met ’n netto van 65, gevolg deur Mark Nortjé se 69 en Gert du Preez se 70.

Gerhard Brits het 71 op die telkaart ingevul, terwyl sowel Ronald Kinnear as Ronel Starbuck met 73 geëindig het.

Stephen Nortjé en Nico Lombard het op 74 te staan gekom, gevolg deur Janneman Kotze met 75 en Joré Nortjé met 76.


Willie Griesel in aksie by die maandelikse beker op Saterdag 6 Mei.

Stephen Nortjé en Lombard het ’n spog-twee behaal. Jannie Nichols het die septer op 1 Mei geswaai nadat hy die IPS-kompetisie met 37 punte gewen het.

Altesaam 23 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding. Rowan Brink het ook op 37 te staan gekom, terwyl Aldo Arnaldi 36 aangeteken het.

Nicky van der Linde, Tertius Brits en Johan Griesel het elk 35 op die telkaart ingevul, gevolg deur Jabbies Lotz en Adri van der Linde wat albei met 34 geëindig het.


Gerrit Nel konsentreer op Saterdag 6 Mei op die volgende hou nadat hy in die sandput vasgeval het.

Nico Lombard en Jaco Kruger het albei 33 aangeteken. Kobie Coetzee het ’n spog-twee behaal. Leon Myburg het op 29 April die pas aangegee, ook in ’n IPS-kompetisie, met sy 40 punte.

Lombard en RJ Kinnear het albei met 36 geëindig, gevolg deur Kruger en Casper Roux wat albei op 34 te staan gekom het.

Arnaldi het 33 op die telkaart ingevul, terwyl Momberg 32 aangeteken het. Ronald Kinnear het met 32 geëindig en Joré Nortjé met 29. Myburg (2) en Roux het ’n spog-twee behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button