Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix-rugbyspan van Delmas palm nog ’n wedstryd in

Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix 36 punte op die telbord gehad terwyl die span van die Vanderbijlpark Rugbyklub met 23 punte geëindig het.

Die Phoenix-rugbyspan van Delmas het vir vuurwarm spel gesorg tydens hul wedstryd teen Vanderbijlpark.

Die spanne het op 6 Mei op die tuisveld van Phoenix op Sundra teen mekaar te staan gekom. Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix met 36-23 gewen.

Phoenix ding tans mee in rondte een van die Valkeliga. Die span het nog net een wedstryd verloor teen Heidelberg wat op Heidelberg gespeel is.


Rugbyaksie tussen die spelers van Vanderbijlpark en Phoenix op Sundra.

Heidelberg het 45-7 gewen. Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, het die wedstryd nie goed afgeloop nie.

“Dit was ’n harde wedstryd en ons span het met talle beserings gesukkel. Ons moes daarom grootliks klaarkom met die spelers vsan die tweede span,” het Senekal gesê.

Senekal het bevestig dat die volgende wedstryd, die laaste in rondte een van die liga, op 13 Mei weer op Phoenix se tuisveld voltrek sal word.



Phoenix sal dan teen die Oos Rand Polisieklub uitdraf.

“Ons bedank elkeen wat ons ondersteun by ons tuiswedstryde, die toeskouers word met elke wedstryd meer en meer en dit dien tot groot aansporing vir ons spelers.”

Senekal nooi dan ook alle belangstellendes om hul wedstryd teen Oos Rand Polisie te kom bywoon. “Almal is welkom. Bring jou vleisie en kom braai langs die veld,” het Senekal afgesluit.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button