Laerskool Witpoort se fietsryers maak skool trots
Die afgelope naweek het die eerste skoleliga fietsry by Prime View and Adventure plaasgevind.
Die afgelope naweek het die eerste skoleliga fietsry by Prime View and Adventure plaasgevind. Tydens hierdie byeenkoms het 29 van Laerskool Witpoort se leerders deelgeneem.
Christelle van den Heever het ‘n podiumplek behaal, drie leerders het onder die eerste 10 geeindig in die groep waarin hulle deelgeneem het, sewe van die leerders het onder die eerste 20 en twee onder die eerste 30 geëindig.
“Ons het drie sub-nipper seuns gehad wat vir die eerste keer deelgeneem het waar Johan van Eeden 13de gekom het uit 73 ryers. Ons is trots op elke kind wat deelgeneem het.
“Hulle uithouvermoë en deurstettingsvermoë het defnitief uitgestaan, ” het Bernice van Staden van Laerskool Witpoort gesê.
Van Staden het gesê twee van die ryers het tegniese probleme gehad tydens die reis en hulle fietse moes stoot tot by die wenstreep sodat hulle punte kon verwerf vir die skool.
Daar het 63 laerskole deelgeen en Laerskool Witpoort het algeheel vyfde geëindig.








