Local newsNews

Loffies se Graad R-leerders hou prettige beroepsdag

Tydens die beroepsdag kon hulle na hartelus aantrek en hul voornemende beroepe op die verhoog demonstreer.

Dokters, ’n brandweerman, polisie, kokke, sangers, boere, ’n veearts, ’n haarkapper, ’n sweiser en sommer net mammas en pappas, was van die vele beroepe wat tydens Laerskool Eloff se beroepsdag te sien was.

Die kleingoed het op 27 Julie na hartelus aangetrek en in die Loffie-saal byeengekom om hul voornemende beroepe op die verhoog te demonstreer.

Hier het die twee sangeresse, aanvanklik skaam, gou ontpop in ware popsterre. Die veearts het haar hondjie behandel, die polisiemanne misdaad bekamp, die vlieënier hoog gevlieg, die super helde Superman en Batman het hul vaardighede gedemonstreer en die kokke het die lekkerste kos voorberei.

Daar was selfs ’n professionele besigheidsman met die oog op die installering van sonstelsels as sy inkomste vir die dag van môre.

Na die afwys van hul voorgenome beroepe het die Graad R-leerders na hul klasse teruggekeer waar hulle verder geleentheid gegun was om hulle voorgenome beroepe uit te speel.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button