Local newsNews

ATKV op Secunda samel weer trooskombersies in

Ondersteun projekte en raak betrokke.

Die ATKV se Kosmosrand-tak het onlangs weer met hulle jaarlikse projek om trooskombersies vir kinders wat in plekke van veiligheid bly, bymekaar te maak.

Dié organisasie benodig 12 klein trooskombersies vanuit die gemeenskap.

Wat dié kombersies uniek maak is dat elke kind se naam daarop geborduur word en as die kind weggaan by die plek van veiligheid kan hy of sy die kombersie saamneem.

Dié ATKV-tak beplan ook om weer eens vanjaar iets spesiaals te reël vir die kinders van Janelle Huis en die SAVF Pleeghuis op Secunda.

Enigiemand wat betrokke wil raak en dié projekte wil ondersteun kan die voorsitter, Tracey van Wyk, by 074 103 6381 of Laurika Steenkamp by 083 566 4790 skakel.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button