Local newsLocal sportNews

71 hengelaars vang 465 vis by Grootdraaidam op Standerton

Peet Erasmus was onoorwonne in die veteraanafdeling met 15 vis van 9.180kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met 11 vis van 6.320kg en Jan Nortjé met sewe vis van 3.760kg.

Meyerville Hengelklub het onlangs ’n naweekkompetisie by Grootdraaidam aangebied waarvolgens in verskillende afdelings meegeding is.

Altesaam 71 hengelaars, met12 besoekers ingesluit, het 465 vis vasgekap met ’n totale gewig van 306.280kg.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak babers gegaan.

Peet Erasmus was onoorwonne in die veteraanafdeling met 15 vis van 9.180kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met 11 vis van 6.320kg en Jan Nortjé met sewe vis van 3.760kg. Erasmus het die vis van die dag inkatrol.

Hennie van Jaarsveld het eerste in die meestersafdeling geëindig met 28 vis van 18.220kg, terwyl Danie Human tweede was met 16 vis van 10.220kg en Richard Hills derde met 18 vis van 7.960kg.

Coen van Vuuren het die vis van die dag ingeweeg.

Peter Munro het in die seniorafdeling geseëvier met 36 vis van 31.150kg, gevolg deur Riaan Pieterse met 38 vis van 28.160kg en Danny Bosman met 32 vis van 17.700kg.

Munro het die vis van die dag aan wal gebring.

Sonya van Jaarsveld het die vroue meesterafdeling gewen met 11 vis van 6.760kg, terwyl Marianne Erasmus tweede was met nege vis van 8.340kg en Ilene Schonken derde met 11 vis van 5.600kg.

Schonken het die vis van die dag gevang.

Charlize Bosman het die vroue-afdeling verower met 11 vis van 7.320kg, gevolg deur Elize Potgieter met 11 vis van 7.320kg en Solene du Preez met ses vis van 3.380kg.

Bosman het die vis van die dag aan wal gebring.

RJ Zurcher het eerste in die juniorafdeling geëindig met sewe vis van 4.200kg, terwyl Ruan van Zyl tweede was met sewe vis van 3.800kg en Sihan Fourie derde met drie vis van 1.480kg.

Elizna Rabie was eerste in die penkopafdeling met twee vis van 1.080kg, terwyl Taylor Draper tweede was met twee vis van 0.860kg en Alexis Moolman derde met een vis van 0.340kg.

Alexis het die vis van die dag inkatrol.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button