Local newsNews

Kersversierings vir klein handjies

Die kleinkinders het nou onlangs met ’n idee uitgekom om versierings vir Kersfees uit roomysstokkies te maak. ’n Roomysstokkie-boom wat as Kersboomversiering, ’n plekversiering aan tafel – of soos in ons geval, nou al langs die houtbalk van die lapa pronk – het die beste vir hierdie kunsflyt-poging gewerk. Jy benodig: Roomysstokkies Verf: jy kan

Die kleinkinders het nou onlangs met ’n idee uitgekom om versierings vir Kersfees uit roomysstokkies te maak.

’n Roomysstokkie-boom wat as Kersboomversiering, ’n plekversiering aan tafel – of soos in ons geval, nou al langs die houtbalk van die lapa pronk – het die beste vir hierdie kunsflyt-poging gewerk.

Jy benodig:

Roomysstokkies

Verf: jy kan of reeds gekleurde stokkies koop, of die kinders die kans gee om die stokkies te verf. Ek het egter op die minder morsige metode besluit omdat die kinders wat die projek aangepak het, redelike onhandige sesjariges is.
Gom: houtlym of kunsflyt-gom werk goed, maar neem taamlik lank om droog te raak. En hou maar ‘n ogie wanneer die kleinspan daarmee werk sodat hulle nie te veel gom gebruik nie.

Versierings soos mini pom-poms, blinkertjies en lint.

Metode:

  • Vorm ’n driehoek met die klaar-geverfde stokkies
  • Plak die hoekies waar die stokkies raak, aanmekaar en gee die gom kans om droog te word.
  • Vrolik die driehoeke op deur die versierings daarop te plak en laat dit droog word.
  • Wenk: as jy’n vierkantige blokkie karton aan die bodem van die diehoek plak, lyk dit soos ’n Kersboom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button