Laerskool Delmas se Graad Een leerders begin hul skoolloopbaan
Vir Laerskool Delmas was 17 Januarie nie net hul eerste skooldag vir 2024 nie, maar het hulle ook ’n nuwe skoolklok amptelik ingewy en ’n nuwe hoof, Johan Pieterse, verwelkom.
Met die formele afskop van die 2024 skooljaar, het die Graad Eens weer oudergewoonte hul verskyning gemaak.
Vir Laerskool Delmas was 17 Januarie nie net hul eerste skooldag vir 2024 nie, maar het hulle ook ’n nuwe skoolklok amptelik ingewy en ’n nuwe hoof, Johan Pieterse, verwelkom.
Met die formele opening in die skoolsaal het Pieterse die Graad Een ouers en leerders verwelkom en die jong leerders voorspoed met hul skoolloopbane toegewens.
“Ons onderwysers is goed opgelei, ons is gereed vir julle – skouer aan die wiel,” het Pieterse aan die ouers gesê.
Daarna het die jong leerders en hul ouers die saal verlaat, waarna elkeen ’n kans gekry het om deur die klokboog te stap en die klok te lui voordat hulle na hul onderskeie klaskamers geneem is.
Van trane was daar maar min tekens, maar Streeknuus het tog opgelet dat daar ’n paar mammas én pappas was van wie die oë so effens klam was.