Local newsNewsStreeknuus

DA-swaargewigte besoek Wyk 100

John Steenhuisen, Solly Msimanga en Cilliers Brink het met Cullinan-inwoners oor gemeenskapsveiligheid gesels.

Wyk 100 word gereeld besoek om gemeenskapsveiligheid te bevorder en gesprekke met sekuriteitsmaatskappye en GPF-leiers vorder goed.

Cullinan is een van die gebiede waar DA-leier John Steenhuisen, Solly Msimanga, die DA se premierdskandidaat vir Gauteng en Tswhane burgermeester Cilliers Brink hul ondersteuning op 3 Februarie van stapel gestuur het om gemeenskapsveiligheid te bevorder.

Die trio het tydens ’n informele maar insiggewende sessie in Cullinan met die publiek oor die toekoms van Tshwane, Gauteng en gemeenskapsveiligheid gesels.

Die Cullinan/Rayton GPF-leiers en lede van die verskeie sekuriteitsmaatskappye het ook die geleentheid gehad om met die drie politici oor probleme en oplossings te gesels.

Volgens Msimanga en Brink gaan Wyk 100 meer gereeld besoek word om daad by woord te sit.

Wyk 100 raadslid Johannes Bekker het gesê, “Dit was ’n eer om die verskeie leiers in Wyk 100 te kon ontvang en dit met die gemeenskap te kon deel. Ek sien uit na ’n veiliger wyk vir al die inwoners.”


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button