Die tuin van Genade vir bejaardes geopen op Bronkhorstspruit
Helpende Hand het die tuin vir die bejaardes met Alzheimers se siekte, Parkinsons en beroertes ontwerp.
Solidariteit Helpende Hand se vrywilligertak het op 9 Januarie ’n spesiale tuin vir bejaardes met demensie op Bronkhorstspruit geopen. Dié tuin se naam is ‘Tuin van Genade’.
Mariana Kriel, streeksorganiseerder van Helpende Hand se Pretoriastreek het gesê die tuin is bedoel om die pasiënte ’n sinvolle en terapeutiese ervaring te bied.
“Demensie is ’n siekte wat ’n mens se geheue en denkvermoë aantas. Dit kan veroorsaak word deur verskeie toestande, soos Alzheimer se siekte, Parkinsons en beroertes.”
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie ly meer as 50 miljoen mense wêreldwyd aan demensie en sal hierdie syfer na verwagting in die toekoms elke 20 jaar verdubbel.
Die tuin wat Helpende Hand in samewering met Ons Winkel op Bronkhorstspruit, plaaslike sakelui en die gemeenskap aangelê het, is ’n tuin wat die pasiënte se sintuie sal stimuleer met verskillende plante, kleure, geure, klanke en teksture.

“Die tuin is ontwerp om die pasiënte ’n veilige en rustige omgewing te bied waar hulle kan wandel, ontspan en hul herinneringe kan oproep,” het Kriel gesê.
Melouise Taljaard, die voorsitter van Helpende Hand Bronkhorstspruit-tak het gesê, “Die tuin was ’n droomprojek wat wat die ouetehuis vir hul gemeenskap wil nalaat.”
“Ons wil die pasiënte die mooi van die natuur laat sien en hul terugneem na vergete herinneringe. Kriel het almal bedank wat Helpende Hand se Ons Winkel op Bronkhorstspruit ondersteun, asook die borge en skenkers wat tot die tuin bygedra het.
“Die tuin is ’n voorbeeld van hoe mense hande kan neem en saamwerk tot voordeel van hul gemeenskappe,” het Kriel afgesluit.
Vir meer inligting, of om by die tak betrokke te raak, skakel Taljaard by 012 345 6789 of stuur ’n e-pos na melouise@helpendehand.co.za.
LEES OOK: UPDATE: Evander Magistrate’s Court denies farmers bail
LEES OOK: Rescued horse at Wet Nose in Bronkhorstspruit succumbs to colic



