Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Troeteldier-liefde by Heidi Kleuterskool gedeel

Gedurende hierdie week het die Heidi kleuters alles oor troeteldiere te wete gekom en was hulle speel-speel ingelig oor die moets en moenies van troeteldiere aanhou.

Heidi Kleuterskool op Delmas het onlangs ’n troeteldier-week gehou. Gedurende hierdie week het die Heidi kleuters alles oor troeteldiere te wete gekom en was speel-speel ingelig oor die moets en moenies van troeteldiere aanhou.

Natalie Reynolds en Danae Hartzenberg van Ecopilots was van die spesiale gaste wat op 20 Februarie tydens Heidi se ‘Wees lief vir jou troeteldier-dag’ by die skool ingeloer het. Saam met die twee vroue het Clarese die hond kom kuier.

Reynolds wat ook ’n veeartseny verpleegster van beroep is, het vir die Heidi kleuters ingelig rondom troeteldiere en watter diere as troeteldiere aangehou kan word en watter nie.

Die kleuters was ook rondom die gedrag van troeteldiere ingelig en was die geleentheid gegun om verskeie troeteldiere wat ’n hasie, marmot en selfs ’n wit muis ingesluit het, te streel. Clarese het vir groot vermaak onder die kleuters gesorg met haar toertjies en mannewales.

Riëtte Wheller, skoolhoof by Heidi Kleuterskool, het aangedui dat hulle ook troeteldierkos, komberse en ander items ingesamel wat hulle na afloop van troetedierweek aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Springs gaan oorhandig.

Wheller het ook haar dank uitgespreek teenoor Natalie en Danae wat saam met Clarese en die ander troeteldiere die oggend vir Heidi kleuters ekstra spesiaal gemaak het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button