Local newsLocal sportNewsStreeknuus
Delmas se junior rolbalspelers blink uit
Gustav van Schalkwyk en Mieke Botha is onlangs vir die nasionale junior Ekurhuleni Bowls, (EKB)-spanne gekies.
Twee van Delmas Rolbalklub se junior spelers maak dié klub baie trots. Gustav van Schalkwyk en Mieke Botha is onlangs vir die nasionale junior Ekurhuleni Bowls, (EKB)-spanne gekies.
Gustav sal die span van EKB in die o25’s verteenwoordig terwyl Botha vir die o15-span op die baan sal stap.
Bowls South Africa (BSA) se nasionale junior kampioenskappe vind vanaf 22 tot 24 Maart in Bloemfontein plaas.
Die komitee van Delmas Rolbalklub het die twee juniors geluk gewens en wens hulle groot sukses met die kampioenskappe toe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




