Local newsNewsStreeknuus

Sinvolle skermtyd onder bespreking tydens Delmas VLU-vergadering

Carin Uys, wat tydens dié vergadering haar 20-jaar lidmaatskapknopie ontvang het,het 'n aanbieding oor sinvolle skermtyd gedoen.

Die Vroue Landbou Unie Delmas-tak het hulle maandvergadering op 20 Februarie in die saal van die Hervormde Kerk op Delmas gehou.

Jané Oosterhuis het in die afwesigheid van die voorsitter, Marié Terblanche, wie herstel na ’n rugoperasie, die stoel ingeneem.

Spesiale verwelkoming het aan Vinkie Mulder, Elna Kruger , Lynette Gasson, Mariné Pretorius en Jeanette Scheepers gegaan.

Mariné Pretorius het vir die lede uit Johannes 16:7 en Jesaja 41:3 voorgelees. Uit hierdie skrifgedeelte het Ansie van Zyl dit op haar hart gedruk gevoel om vir haar twee siwwe aan te koop.

“Terwyl ’n mens ’n sif stilhou, gebeur daar niks, maar wanneer jy dit skud, val die meel daardeur en kan die bestanddele van die gebak bymekaar gevoeg word.

“Ansie moet dus nou geskud word om te begin bak,” en met hierdie woorde was die twee siwwe onder luide toejuiging van die VLU-lede aan Ansie oorhandig.

Ter aansluiting by die pas afgelope konferensie se tema, ‘Harte van Goud’, het Jané gesels oor hoe vriendinne se fyngoed haar deur baie moeilike omstandighede gedra het.

“Dit inspireer my om alles waartoe ek in staat is te wíl doen.”

Met verdere verwysing na die pas afgelope Carpe Diem konferensie het Oosterhuis vir Marthie Fourie vir haar bystand tydens die opening bedank.


Marie Jordaan by die groen tafelrangskikking wat sy vir die vergadering gemaak het.

Die streekvoorsitter, Macelle van Vuuren, het ook bedankings gestuur vir Delmas tak lede, Eileen Putter, Ansie van Zyl en Belinda Duvenage vir hul bystand met die versiering van die konferensietafels.

Carin Uys, wat tydens dié vergadering haar 20-jaar lidmaatskapknopie ontvang het, was volgende aan die beurt met haar aanbieding oor sinvolle skermtyd.

Sy het die lede en besoekers volledig ingelig rondom die formele en deurdagte benadering tot skertyd vir kinders.

“Voordele is onmiskenbaar, daar is toegang tot ’n groter databasis van opvoedkundige inhoud en dit bevorder kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede,” het Uys gesê.


Nuwe Delmas VLU-lede is Lynette Garson en Mariné Pretorius.

“Verder bevorder skermtyd oog-hand koördinasie, visuele intellek en taalvaardighede. In ons huidige omstandighede met vriende en familie wat ver bly kan skermtyd gebruik word om met diesulkes verhoudings te bou.”

Uys het voorts gesê sou hierdie positiewe aspekte behoorlik benut word, dit ’n sinvolle bydrae tot die ontwikkeling van kinders lewer.

Sy het egter ook teen die nadelige gevolge van ongesonde skermtyd gewaarsku soos bloulig-versteuring van die slaapsiklus, nadelige taalontwikkeling en oorstimulasie van die sentrale senuweestelsel wat tot konsentrasieprobleme lei.

Uys het die praatjie breedvoerig met die hulp van goed nagevorde statistieke voortgesit en benadruk dat ouers skermtyd ervaring, goeie kommunikasie oor gepaste tydsduur, die skep van skermvrye areas en goeie gewoontes eerder vroeër as later by die kinders moet tuisbring.

Hierna was dit tyd vir die oggend se aktiwititeit en weer eens was Uys aan die voorpunt met haar demonstrasie van die kuns van monodrukwerk.

Die VLU Delmas-tak kuier elke derde Dinsdag van die maand om 08:30 in die saal van die Hervormde Kerk en nooi alle belangstellende vroue om Marié Teblanche by 083 968 2203 te skakel.




ALSO READ: Land Bank hosts a farmers day in Bronkhorstspruit

ALSO READ: Man agter tralies vir beweerde moord op ‘n plaas in Delmas-omgewing

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button