Local newsNews

AfriForum en gemeenskap maak Trichardt se begraafplaas skoon

Belangstellendes kan ook betrokke raak.

AfriForum se Teks-tak het op 16 Maart die begraafplaas op Trichardt skoongemaak.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê dié projek is deur die gemeenskap begin wat in Februarie deur werknemers van Govan Mbeki Munisipaliteit weggejaag is terwyl hulle die begraafplaas op Secunda skoongemaak het.

“Die gemeenskap is verbied om met hul skoonmaak-aksie op Secunda voort te gaan,” het Bekker gesê.

“Kort na dié voovral is ons tak oorval met navrae om ander gebiede ook op te ruim en dit is toe dat ons besluit het om die Trichardt begraafplaas te takel.”


LEES OOK: Evander Court postpones murder case against farmers


Volgens Bekker het Govan Mbeki Munisipaliteit darem nie hulle werksaamhede by die Trichardt begraafplaas probeer ontwrig nie en ongeveer 1 800m² se gras is gesny en opgeruim.

“Die begraafplaas was so oorgroei dat sekere dele twee keer gesny moes word.”

AfriForum se Teks-tak beoog om dié projek op 13 April weer voort te sit. Inwoners wat betrokke wil raak en wil help, kan die voorsitter van die Teks-tak, Jan du Plessis, by 079 488 7608 skakel.

“Ons sal nie toelaat dat die munisipaliteit ons hiet en gebied soos wat dit hulle pas nie,” het Du Plessis gesê.

“Ons is hier om die gemeenskap te dien en sal aanhou om dit te doen.”


Related Articles

 
Back to top button