Familielede van Mario en Zodwa betoog voor Standerton Landdroshof
Clement Skhosana staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roeklose en nalatige bestuur.
Familielede van die ontslape Mario Iyapian en Zodwa Patricia Molebatsi het op 26 Maart voor die Standerton Landdroshof met plakkate gestaan om aan te dring op geregtigheid.
Clement Skhosana, ’n amptenaar van die Lekwa Munisipaliteit, het dié dag in die hof verskyn in verband met ’n tref-en-trap-ongeluk op 4 Februarie waarin Iyapian en Molebatsi dood is.
Byna ’n gewyde stilte het geheers en teen 08:05 was daar geen dreunsang nie.
Volgens Rinus Fourie, die vader van Mario, het die ongeluk omstreeks 01:00 in Walter Sisulurylaan gebeur terwyl die twee op pad huis toe was.
LEES OOK: Familie van Secunda-baba word deur gebed bemoedig
Iyapian was 18 jaar oud.
Molebatsi (34), was ’n ma van vier kinders. Skhosana het na bewering van die toneel weggejaag en sy nommerplaat het op die grond geval.
Hy staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en roeklose en nalatige bestuur. Skhosana is op borgtog van R1 500 vrygelaat.
Die hofsaak is na 6 Mei uitgestel hangende die uitslag van die nadoodse ondersoek.
LEES OOK: Two neglected horses from Bronkhorstspruit are now strong and vibrant



