Local newsNews

AfriForum op Bethal en boere voorsien water aan mense

Govan Mbeki Munisipaliteit faal inwoners.

AfriForum Bethal-tak en boere van die omgewing, was weer eens ’n lewensredder vir inwoners van dié dorp toe hulle onlangs weer sonder water was.

AfriForum voorsien vanaf 14 Maart water aan inwoners deur middel van ’n verskeidenheid waterpunte op die dorp en sedertdien is daar al 125 000l water beskikbaar gestel.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is dié water afkomstig van Bethal se boeregemeenskap wat met vragmotors en trekkers tenkwaens na die verskillende waterpunte neem.

Dié aksie word op die boere se eie onkostes gedra. AfriForum koördineer die aksie en het die waterpunte opgerig.

Boere het slegs vanjaar reeds meer as 600 000l water gelewer weens die water wat met tye gedeeltelik af is en gevolglik die hele dorp sonder water laat.


LEES OOK: College students in Standerton demand free quality education


Bekker het gesê dié aksie van AfriForum en die boere volg nadat die Govan Mbeki Munisipaliteit weer eens sonder water is nadat Rand Water tegniese probleme ondervind het.

Die watertekort het Bethal met droë krane gelaat en inwoners staan toue vir water.

“Rand Water het weer eens verskeie verskonings aangebied en die inwoners is woedend omdat niemand eers meer weet wat om te glo nie,” het Bekker gesê.

“Die Govan Mbeki Munisipaliteit het ook aangekondig dat hul kantore gesluit is omdat daar nie water is nie.

“Die munisipaliteit verdien nie ’n afdag nie. Ondernemings moet water ten duurste aankoop en aanry om hul deure oop te hou, maar die amptenare kan sommer net afvat – dit is onaanvaarbaar.

“Ons boere lewer die water kosteloos aan die gemeenskap; dít tydens een van die Hoëveld se ergste droogtes in die laaste 20 jaar. Dit is alles weens die regering se verval en korrupsie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button