Local newsNews

NG Secunda-Oos bied kermis aan

Inwoners kan aan Eksodus Ekspedisie deelneem waar die wenner met ’n wegbreeknaweek beloon sal word.

Die NG Secunda-Oos bied op 1 Mei ’n kersmis by die kerk aan.

Dit skop om 09:00 af. Die Secunda-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gaan daar wees en Laerskool Goedehoop se trompoppies tree op om 11:00.

Daar gaan vermaak vir die kinders wees, ’n verskeidenheid kos om van te kies, plaasprodukte en vars vleis.

Die kerk bied ook vanjaar die Eksodus Ekspedisie aan waar ’n minimum van drie persone in hul motor kan deelneem.

’n Naweek by De Voetpadkloof is een van die pryse wat gewen kan word met dié ekspedisie.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 634 7518.



LEES OOK: Mama Julie se begrafnis vandag op Tweeling

LEES OOK: Residents in eMbalenhle’s Ward 19 receive RDP houses without services

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button