Local newsNews

Whitey Whiteman van Standerton is in ’n oorlewingstryd gewikkel

“Ek wil nie die res van my lewe met krukke loop of in ’n rolstoel vasgekluister wees nie.”

Whitey Whiteman, gedoop Orpa Whiteman, is op die lys vir ’n kunsbeen by Standerton Hospitaal.

“Dit sal hopelik teen die einde van die jaar geskied,” het Whitey gesê.

Whitey kry gewoonlik ’n saamrygeleentheid na die hospital om maandeliks fisioterapie te ondergaan.

Haar verhaal het begin toe haar regtervoet een oggend geswel was. Sy het gaan stort en die weefsel in die voet het ingegegee.

Whitey is etlike jare gelede met diabetes gediagnoseer. Sy drink pille en spuit haar ook in om die siekte onder beheer te hou.

Daar was uiteindelik geen ander alternatief as dat die voet geamputeer moes word. Sy het twee dae voor Kersfees verlede jaar die operasie ondergaan en is Oujaarsdag ontslaan.

“My dokter het gesê hy het nog nooit gesien het dat ’n wond so vinnig gesond word nie,” het sy vertel.

“Ek wil nie die res van my lewe met krukke loop of in ’n rolstoel vasgekluister wees nie.”

Met geen kind of kraai wat haar bystaan nie, moes sy haar onafhanklikheid prysgee.

Whitey is op Evander gebore en het haar skoolopleiding by Laerskool Standerton en Hoërskool Standerton voltooi, daarna ’n wye verskeidenheid betrekkings in haar loopbaan beklee.

’n Hoenderfabriekpos, hyskraandrywer in Vanderbijlpark, toesighouer vir Eskom op Volksrust vir bykans ses jaar, melk afleweraar vanaf die plase na ’n winkel op Standerton, tuinwerker en les bes, versorger van wyle tannie Susan du Plooy vir vier jaar.

Sy het tans ’n dak oor haar kop en versorg ’n bejaarde in Meyerville met slegs haar ongeskiktheidspensioen en sy ouderdomspensioen wat wat moet deug.


Whitey Whiteman se gemoedstoestand word wesenlik beïnvloed deur die gebeure en die ‘swart hond’ van depressie slaan gereeld toe.

“Ek het heeltemaal ’n nuwe lewe begin en huishoudelike takies soos skottelgoedwas en kosmaak is soms moeilik omdat die wasbak en stoof te hoog is.

“Dit is en bly ’n geweldige aanpassing. Mense ‘worry’ nie meer oor ander mense nie.”

Whitey het opgehou rook toe haar voet afgesit is. Haar linkervoet wat ook nou begin swel het, stem haar tot groot kommer.

“Ek bid dat dié voet nie ook geamputeer word nie want ek sien nie kans om weer daardeur te gaan nie.”

Whitey is van mening dat dit nie saakmaak hoe sterk jy is nie, ’n brein sukkel om dit te verwerk waarvan die ‘phantom’-pyne getuig.

Sy sou gaag haar voete in die see wil gaan sit en in die berge gaan bly.


Whitey Whiteman se gemoedstoestand word wesenlik beïnvloed deur die gebeure en die ‘swart hond’ van depressie slaan gereeld toe.

Haar gemoedstoestand word wesenlik beïnvloed deur die gebeure en die ‘swart hond’ van depressie slaan gereeld toe.

Sy wou destyds graag ’n baba hê, maar die verhouding het nie uitgewerk nie.

“My susters se kinders is my kinders,” het sy heel filosofies opgemerk.

Haar humorsin het tydens die onderhoud nie agterweë gebly nie.

Skoenkopery by die winkelsentrum op Secunda het ’n lewendige gesprek tussen haar en die verkoopsassistent afgegee.

“Ek het vir haar gesê ek wil een skoen hê en gaan dus halfprys betaal. “That’s not going to happen,” was die antwoord.

Whitey het met die volgende afgesluit: “Ek is nie moeilik en vol draadwerk nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button