Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub se lede skryf beste fotos in

Belangstellendes is welkom om die volgende byeenkoms op 3 Mei by te woon.

Sussa Pelser was met Hand with Tattoos die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerp afdeling by die Hoëveld Fotografieklub byeenkoms van 5 April.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die voorgeskrewe onderwerp vir April was ‘hande’ en die beoordelaar vir die aand was die klub voorsitter, Hanno de Beer.

Pelser het ook presteer met What can be Wrong in die pikturale afdeling en het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.


Edmund Hattingh het ’n sertifikaat van meriete vir Sunset on Okavango River in die natuurafdeling ontvang.

Louis van der Walt se foto, Cederberg Arch Moon, was die beste onder die senior fotograwe en hy het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Edmund Hattingh het uitgeblink met Asem Skep en was die beste onder die junior fotograwe.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir Sailing in the Moonlight in die landskapafdeling en Sunset on Okavango River in die natuurafdeling.


Edmund Hattingh het ’n sertifikaat van meriete vir Sailing in the Moonlight in die landskapafdeling ontvang.

Dr Leon Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete ontvang vir Mantis on Wheat Ear in die natuurafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 3 Mei om 18:00 vir 18:30 by die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.



Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Mantis on Wheat Ear in die natuurafdeling, ontvang.

Sussa Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, What can be Wrong in die pikturale afdeling ontvang.

Louis van der Walt se foto, Cederberg Arch Moon, was die beste onder die senior fotograwe en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Related Articles

 
Back to top button