Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Radiobeheerde vliegtuie kleur die lug bokant Delmas in

Die weer het mooi saam gespeel en slegs ’n ligte wind het gewaai wat glo ideaal is dié modelvliegtuigsport.

Met ’n ligte briesie, die dam en net die skreeu van ’n visarend in die agtergrond het lede van die Irene Model Flyers Klub hul radiobeheerde modelvliegtuie behendig op ’n dam net buite Delmas laat opstyg, oor die dam laat vlieg en weer geland.

Dié gebeurtenis wat op 20 April by die Tapkar buite Delmas plaasgevind het, word ‘float flying’ genoem.

Volgens Chris Oosthuizen, die klub se sosiale en gebeure koördineerder, bestaan die Irene Model Flyers Klub uit sowat 92 lede.

Van die klub se deelnemende lede het vroegoggend by Tapkar byeengekom en nadat die nodige veiligheidsreëls aan die groep vlieëniers voorgelê was, kon die manne begin om hul vliegtuie in die lug te laat.


Die Model Flyers se nuwe toevoeging, ’n Piper Club.

Die weer het mooi saam gespeel en die ligte wind is glo ideaal vir modelvliegtuigsport. Oosthuizen het verduidelik daar is sowat 10 verskillende klasse in dié sport van modelvliegtuie.

Ander voorbeelde is die ‘War Birds’, wat modelle is van vliegtuie wat gedurende die Eerste Wêreloorlog hul buiging gemaak het.

“Daar is ook nog skaalvliegtuie wat byvoorbeeld jou Boeing,’n Falcon Jet of ’n Cessna 182 is. In dié geval sal die vliegtuig tipies met ’n vlieënier met oorfone, instrumente, vliegstok en so meer toegerus wees,” het Oosthuizen Streeknuus meegedeel.

Nog ’n klas wat jaarliks aangebied word, is die aerobatiese vliegtuie wat vir ’n ongelooflike skouspel sorg.
Ander klasse is vir helikopters, stralers en vele meer.


Lede van die Irene Model Flyers tydens hul kuier by die Tapkar Dam.

“Die nabootsing is baie realisties en tipiese vliegdissiplines en toertjies word uitgevoer. Die enigste verskil is dat jou vlieënier buite op die grond staan en die vliegtuig met ’n radio beheer.”

Hy het voorts vertel die byeenkomste en kompetisies is interessant en opwindend vir beide vlieëniers en toeskouers.

“Die skouspel van hoëspoed verbyvlugte en formasievlugte is ’n groot belewenis en vermaak oud en jonk.”

Oosthuizen het Streeknuus ook meegedeel dat die ‘float flying’-byeenkoms soos wat die naweek by Tapkar plaasgevind het, twee keer per jaar gebeur.

“Ons het ’n winter- en somer-byeenkoms.”

Dit dit die tweede keer dat die klub die Tapkar se dam gebruik.

“Ons vorige besoek het baie uitagings ingehou, want die weer was onplesierig en boonop het daar ’n sterk wind gewaai, maar dit was ook ’n lekker byeenkoms wat die vlieëniers se vernuf tot die uiterste getoets het.

Oosthuizen het verder genoem die ‘float-flyers’ ook vantevore by die Bronkhorstspruitdam gevlieg het, maar dat die toename in hiasinte op die dam ‘n byeenkoms daar nou byna onmoontlik maak.

“Ons wou weer probeer om dit vanaf Bronkhorstbaai te doen, maar dit is net nie moontlik nie. Hoewel inwoners en ander helpers pogings aangewend het om ’n gedeelte hisasinte-vry te kry vir ons byeenkoms, kon hulle egter nie ’n skoon dam waarborg nie. Sou die wind deur die nag waai, word die hiasinte net weer rongeskuif en ons kon dus nie die kans neem nie.”

Oosthuizen het verder genoem Tapkar se dam is ideaal vir hul ‘float flying’.


Related Articles

 
Back to top button