CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Verdagte in skoolgelddiefstal se saak na Delmas Streekhof oorgeplaas

Vern staan tereg op 86 aanklagte van bedrog en diefstal, sowel as 633 aanklagte van geldwassery.

Larissa Vern (52) wat daarvan aangekla word dat sy na bewering etlike miljoene vanuit Laerskool Delmas se bankrekening gesteel het, se saak is na die Streekhof op Delmas oorgeplaas.

Vern het weer op 8 Mei in die landdroshof op Delmas verskyn, maar die saak was na die volgende dag uitgestel.

Die saak is op 9 Mei na die streekhof oorgeplaas. Vern moet weer op 18 Junie in hierdie hof verskyn. Vern staan tereg op 86 aanklagte van bedrog en diefstal sowel as 633 aanklagte van geldwassery.

Haar inhegtenisneming het gevolg nadat Laerskool Delmas glo, sowat twee jaar na Vern se aanstelling gedurende Januarie 2022 as finansiële beampte by dié skool, agtergekom het dat daar geld vanuit die skool se rekening verdwyn het.

Agterdog het ontstaan nadat Vern haarself glo met twee bonusse gedurende 2023 bederf het. By verdere ondersoek was daar bevind dat sowat R2.6m uit die skool se koffers verdwyn het.

Vern is op 9 Februarie deur lede van die Secunda Valke in samewerking met lede van Delmas SAPD op ’n plaas in Thabazimbi in hegtenis geneem.

Vern is steeds in aanhouding nadat haar borgaansoek op 26 Maart geweier was omdat sy as ’n vlugrisiko beskou word.



LEES OOK: Vermeende dief van skoolgeld se borgaansoek op Delmas voortgesit

LEES OOK: eMbalenhle community blames snacks from local tuckshop for toddler’s death

Related Articles

Back to top button