Local newsNews

Kaalspruit-tak kom meer te wete van eksotiese voëls

“Die diere word goed versorg en baie voëls word na lande in Europa, Doebai en die Ooste uitgevoer.”

Die Kaalspruit-tak van die VLU het op 23 April besoek by die Jooste familie afgelê en interessante feite oor hul stokperdjie bekom.

“Die eksotiese voëls waarmee hulle boer, is waarlik ’n fees vir die oog.”

“Ons het dit baie leersaam gevind,” het Marietjie Swart, voorsitter, gesê.

Parakiete, ‘love birds’ en kaketoes word in 800 hokke aangehou.

’n Rekenaarprogram word gebruik om nuwe kleure te teel, met verstommende resultate.

Kleure sluit in van die helderste geel tot pers en diep blou, turkoois, rooi, groen en alle moontlike kleure.

“Die diere word goed versorg en baie voëls word na lande in Europa, Doebai en die Ooste uitgevoer,” het Swart bygevoeg.

“Dit was ’n heerlike oggend.”


Related Articles

 
Back to top button