Local newsNewsSchools

Hoërskool Standerton se netbalspanne skitter by Amajuba

Die o16A span het erkening gekry vir die span met die meeste gees en ook vir die mees aanskoulike netbal.

Hoërskool Standerton se netbalspanne het die afgelope vakansie uitgeblink by die Amajuba Sportweek op Volksrust.

Die o16A span het erkening gekry vir die span met die meeste gees en ook vir die mees aanskoulike netbal.

Kea Marago is aangewys as die beste verdediger en Zizi Masiteng as die speler wat die meeste vordering getoon het.

By die o15s is Anlomé Smit en Thato Luvhengo as die spelers van die wedstryd aangewys. Mosele Moiloa het ’n trofee ontvang vir die beste doelskieter.

Standerton se o15 dogters het ’n toekenning ontvang vir die span wat die beste gevaar het in spanbou.

Boonop is hulle ook met ’n sertifikaat en trofee vir die mees aanskoulike netbal beloon. Die o14s is geprys vir die span met die die beste gedrag in die koshuis en die beste spangees.

Anzel Brooker het ’n trofee ontvang as beste doelspeler en Danel Steenkamp as beste verdediger. Dié twee is saam met Tilana Louwrens en Zané Moll as spelers van die wedstryd aangewys.


Die o14 netbalspan van Hoërskool Standerton.

Hoërskool Standerton se o15 netbalspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button