Local newsLocal sportNews

Sasol se ringbalspelers ding mee op Secunda

Klubbestuur nooi kinders wat wil ringbal speel.

Sasol Ringbalklub se vroue- en mansspanne het op 27 April met die Panthers van Middelburg kragte gemeet.

Sasol se mans A-span het met 18-12 gewen terwyl Sasol se vroue A-span in die stof gebyt het met 26-6.

Sasol Ringbalklub het op 4 Mei met Bronkhorstspruit kragte gemeet op Middelburg en mik dan om provinsiaal te gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Ringbaltoernooi wat in Junie in Pretoria plaasvind.

Die klubbestuur het kinders tussen agt en 18 jaar genooi om by hulle aan te sluit vir die Gert Sibande Skole Ringbal-liga wat binnekort afskop.

Vir meer inligting, skakel Ansa Potgieter by 082 497 8865.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button