Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Heidi Kleuterskool op Delmas vier hul kleingoed se ma’s

Al die ma’s was met die intrapslag bederf met koffie of warm sjokolade en’n spesiale ‘mom’ koekie om daarmee saam te geniet.

Met Moedersdag wat landswyd op 12 Mei gevier was, het Heidi Kleuterskool op Delmas besluit om ook die ma’s van hul kleingoed te bederf.

Ma’s en selfs instaan-mamma’s vir die kleingoed wie se ma’s dit nie kon bywoon nie, het op 10 Mei by die kleuterskool bymekaargekom.

Al die ma’s was met die intrapslag bederf met koffie of warm sjokolade en’n spesiale ‘mom’ koekie om daarmee saam te geniet. Daar was ook vir elkeen ’n foto van ma en hul kleinding met dié se handafdruk, ’n versie en ’n badsout.

Daarna was dit tyd vir die ma’s om saam hul kleingoed in die onderskeie klasse saam ’n kunswerk as herinnering aan die spesiale dag te te skep.

Die skoolhoof van Heidi, Riëtte Wheller het haar personeel en elkeen wat bygedra het om van die dag so ’n spesiale geleentheid te maak, bedank.


Related Articles

Back to top button