Local newsNewsSchools

Studente vind geleenthede by Kalie de Haas op Standerton

Patricia Meintjies was die skool se eerste student en is steeds ’n lojale Kalie in haar hart. Sy is tans die skool se departementshoof vir die grondslagfase.

’n Liefde vir skoolgee en gewilligheid om te werk terwyl jy skoolgee, sowel as universiteitstoelating en ’n geldige registrasie by ’n aanlyninstansie word benodig as jy by Laerskool Kalie de Haas se studenteprogram wil aansluit.

Dié skool bied al sedert 2004 hul studenteprogram aan, wat deur oud-skoolhoof, Albert Channon gestig is.

Die program het afgeskop met slegs twee vrouestudente en het só gegroei dat die skool nou nege studente op ’n slag kan inneem. Die gelukkige studente word gekies op meriete en hulle passie vir hierdie loopbaanrigting.

Die skool verstaan dat studente ook aandag aan hul studies moet gee en daarom dring hul daarop aan dat die studente minstens twee dae studieverlof neem voor enige groot eksamenvraestelle.

Die studente het kans om ondervinding op te bou, sowel as sterk menseverhoudinge en nodige klaskamervaardighede te ontwikkel.


LEES OOK: Say no to bullying in Standerton


Studente swerf van klaskamer tot klaskamer en werk met leerders vanaf die pre-primêre fase tot die senior fase.

Leiding vanaf gesoute onderwysers in die skool is uiters belangrik en studente vind graag wysheid by die skoolhoof, Sakkie Boshoff.

“Hy is soos ‘n pafiguur vir ons studente-onderwysers,” het onderhoof Jolene Greaves gesê.

Volgens Greaves het die studente wat hul grade deur middel van die program verwerf het, aangegaan om sukses in verskeie rigtings in die onderwys te behaal.

Patricia Meintjies was die skool se eerste student en is steeds ’n lojale Kalie in haar hart. Sy is tans die skool se departementshoof vir die grondslagfase.


LEES OOK: Water supply to the Standerton community is under strain


Verskeie ander studente wat deur die program gegradueer het, het die wêreld aangedurf en is tans oorsee.

Die studente erken die program is ’n lewensveranderende geleentheid vir enige aspirante onderwyser.

Volgens Greaves speel die studente ook ’n belangrike rol op die skoolterrein, want terwyl hul studies en werk balanseer, verlig hulle ook die werk van voltydse onderwysers.

“Studente-onderwysers is dinamies. Hulle beweeg vanaf klaskamers na sportvelde en maak steeds tyd om hul take in te gee,” het Tamryn Archer, ’n lid van die program, gesê.

Volgens haar, is strewende onderwysers die toekoms van skole.

Related Articles

 
Back to top button