Local newsNews

Bekende ekonoom bespreek Standerton se toekoms

“Ekonomiese vooruitgang is direk gekoppel aan skole. As Standerton se infrastruktuur agteruit gaan, word die skole ook beïnvloed.”

Hoërskool Standerton sal op 10 Junie ’n seminar aanbied waar die ekonoom Dawie Roodt die belangrike onderwerp van Standerton se toekoms gaan aanvat.

Dié gesprek sal om 18:00 plaasvind in die SHS skoolsaal en kaartjies is te koop by die skoolkantoor.

Roodt dien tans as uitvoerende direkteur en hoofekonoom vir die Efficient Group finansiële dienste maatskappy.

Hy het menige kwalifikasies en prestasies deur die jare verwerf. Sy akademiese kwalifikasies sluit in ’n meestersgraad in ekonomie (Cum Laude). Hy het 30 jaar ondervinding in die ekonomiese veld.

Roodt is die outeur van Tax, Lies and Red Tape, ’n verstaanbare en insiggewende boek wat handel oor ekonomiese beginsels.

Roodt se aanbieding sal gevolg word deur ’n gesprek deur ‘n plaaslike sakeman, Manus Mentz.

Tydens ’n telefoniese onderhoud het Mentz gesê beskikbare plekke raak nou min en die opwinding kan duidelik in die gemeenskap gesien word.

“Ekonomiese vooruitgang is direk gekoppel aan skole. As Standerton se infrastruktuur agteruit gaan, word die skole ook beïnvloed,” het Mentz gesê.

SHS nooi inwoners om dié gesprek by te woon. Meer inligting oor die funksie kan op die Hoërskool Standerton Facebook blad gevind word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button