Braaf die Boerboel kuier by Rakkers op Delmas
Volgens Solidariteit Helpende Hand spruit Braaf die Boerboel uit Boerboel Wear en is hy ’n hondeheld daargestel om na jong kinders se se welstand en toekoms om te sien.

Die kleuters van Rakkers Kleuterskool op Delmas het op 17 Mei vir Braaf die Boerboel ontmoet. Braaf het dapper ingestap en die kleuters dadelik in vervoering gehad.
Solidariteit Helpende Hand assistent streekorgansieerder vir Mpumalanga en KZN Noord, Michelle Viljoen, het saam met Braaf by die Rakkers gekuier.
Mariëtte van Eeden, die hoof van Rakkers, het aan die kleuters verduidelik dat Braaf nie boelie nie en nie lelik praat van ander nie.

“Hi jy, hoor hier, jy mag nie boelie nie, dit is nie wat Rakkers doen nie. Ons kies om braaf te wees en die lewe word ’n fees,” was die slagspreuk waarmee die kleuters gelaat was.
Braaf het ook ’n spesiale sertifkaat en padkos vanaf Rakkers ontvang. Nadat die Rakkers drukkies en ‘high fives‘ uitgedeel het, het Braaf in die pad geval om die volgende groep oor waardes te gaan inlig.
Rakkers het ook aan die kleingoed Boerboel-inkleurprente uitgedeel. ’n Inkleurkompetisie gaan van stapel gestuur word om te kyk wie vir Boerboel die mooiste gaan inkleur. (Lees meer in ’n volgende uitgawe van Streeknuus.)

Volgens Solidariteit Helpende Hand spruit Braaf die Boerboel uit Boerboel Wear en is hy ’n hondeheld daargestel om na jong kinders se se welstand en toekoms om te sien.
Braaf staan ook vir goeie en sterk waardes. Helpende Hand het ook ’n reeks stories oor Braaf die Boerboel se dapperheid op hul webtuiste vir kinders én hul ouers se leesgenot gelaai.
Daar is 10 stories in die reeks beskikbaar. Om hierdie stories te lees besoek https://helpendehand.co.za/braaf-die-boerboel.